Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

10 May 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008

Volkskultuurdag
31 Mei 2008 - Krugersdorp

Bravoland, in samewerking met die Paardekraal-pos van die Verkennersbeweging, die Afrikaner Kultuurbond (AKB) en die CVO-Skool Brandwag, nooi volksgenote na 'n Volkskultuurdag te Paardekraalmonument op Saterdag 31 Mei 2008. Hierdie beloof om 'n onvergeetlike dag te wees met hope pret vir oud en jonk. Aktiwiteite en items op die program sluit in: Boeresport (aangebied deur Herman Hardick en Beatix Erasmus, beter bekend as Ben en Jackie van Villa Rosa), skyfskiet, kettieskiet, 'n optrede deur ’n perdekommando, Boere-orkes, gaskunstenaars, volkspele deur die Randfontein-laer en nog vele meer. Tradisionele stalletjies en produkte sal ook beskikbaar wees.

Die AP Kerk Krugersdorp hou ook spesiaal daardie dag hul basaar by die Paardekraalmonument en hulle sal sorg vir heerlike verversings- en ander snuistery-stalletjies.

Die Verkenners, Bravoland en Die Brandwag kamp daardie naweek op die terrein en persone wat belangstel om ook daar te kamp is welkom om die kampkommandant vir die naweek, mnr. Sid Mann, te kontak by 083 227 3260. Persone wat belangstel om stalletjies te bespreek en/of tradisionele produkte uit te stal, kan ook vir mnr. Mann kontak.

Volkskultuurdag-program:


Saterdag 31 Mei 2008

08:30 Opening: Ds. Johan Greyling

09:00 Vlaghysing - Perdekommand

09:30 Mnr. Theuns de Wet (AKB) - Wat is kultuur?

10:00 - 13:00 Boeresport

13:00 - 15:30 Musiek deur mnr. Conrad Hanekom

15:30 Veiling

16:00 - 18:00 Volkspele

18:00 Boere-orkes


Vir meer inligting en navrae, kliek hier: Volkskultuurdag


Organiseerders:

Paardekraal-Verkenners, Bravoland, CVO Brandwag en die AKB


Kennisgewing:

.


8 May 2008

DIE ARME BLANKE

LANGENHOVEN se lewenslange subredakteur en administratrise van sy nalatenskap, Sarah Goldblatt, het in haar enigste digbundel, "Liefdes-kransie", uitgegee in 1920, soos volg gedig oor die Afrikaners wat in daardie dae honger gely het onder die juk van die Britse Imperialisme:

DIE ARME BLANKE

Ek is ’n arme blanke,
sieklik en naar en vuil,
stukkend en bijna nakend;
wie sal sij lot met mij ruil?

Weet julle hoedat mij naam is?
Die edelste naam wat jul eer.
Ek is ’n Afrikaner
wat Afrika’s naam verteer.
Ek is ’n arme blanke,
die kind van ’n voorgeslag
van dappere, eerbare helde:
word ek deur julle verag?

Ons is ’n honderdduisend,
almaal so goed soo jij;
waar julle spog oor vooruitgang,
spog maar bij ons verbij.

Oupa het saam met sij maters
besluit om op trek te gaan;
oupa het saam met die ander
bij Bloedrivier pal gestaan.

Droogte en pestilensie,
moordlus van wilde barbaar,
alles was vir mij nasie
geen onowerkomelik gevaar.

Hier bij die bronne van welvaart,
hier is ons siekte ontstaan;
hier bij die nasleep van welvaart
dreig ons om ook te vergaan.

Maar gee tog mij kinders ’n kansie,
gee hul tog nuwe moed;
denk tog, die kinders is almaal
kinders van julle bloed.

Gee tog die kinders ’n kansie,
ek is al afgeleef;
ek bid dat die nag mij wil saamneem,
dis al wat ek wetend na streef.

Ek is ’n arme blanke;
ek bid, en ek smeek, en ek vra:
help tog jul eie famielie,
help óns, Suidafrika.