Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

7 Aug 2008

Bloeddiens vir Afrikaners

BLOEDDIENS VIR AFRIKANERS

Geagte Afrikaner-volksgenoot,

Duisende Afrikaners skenk nie meer bloed nie, want hulle weet nie wie voordeel trek wanneer bloed aan pasiënte gegee word nie. Dus is daar 'n reuse-bloedtekort in Suid-Afrika en ons eie mense ly daaronder.

Bravoland beoog met hierdie bloeddiens om ‘n databasis saam te stel van mense wat bereid sal wees om bloed te skenk wanneer ‘n volksgenoot in u omgewing met dieselfde bloedgroep as u, bloed benodig.

Daarom wil ons 'n lys saamstel van mense wat bereid is om te skenk, in watter area hulle woon, en watter bloedgroep hulle het. Selfs al weet u nie in watter bloedgroep u is nie, kan u steeds u naam op die lys sit.

Kontakbesonderhede is noodsaaklik sodat ons u so gou moontlik kan kontak indien iemand in nood is. Persoonlike besonderhede sal nie aan 'n derde party bekend gemaak word nie en indien u u naam op die lys plaas, sal dit aan niemand anders as die administreerders van die databasis sigbaar wees nie.

So verseker ons veilige bloed vir ons eie mense. Baie van ons kan dalk nie ‘n finansiële bydrae maak tot ons volk se welstand nie, maar dit keer ons nie om mekaar die grootste geskenk moontlik te gee nie – die lewe.

By voorbaat baie dankie vir u bereidwilligheid.

Vriendelike groete,
Die Bravoland-span

NS. Die blou blokkie links boaan hierdie blad wys hoeveel name daar tans op die databasis is.