Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

10 May 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008

Volkskultuurdag
31 Mei 2008 - Krugersdorp

Bravoland, in samewerking met die Paardekraal-pos van die Verkennersbeweging, die Afrikaner Kultuurbond (AKB) en die CVO-Skool Brandwag, nooi volksgenote na 'n Volkskultuurdag te Paardekraalmonument op Saterdag 31 Mei 2008. Hierdie beloof om 'n onvergeetlike dag te wees met hope pret vir oud en jonk. Aktiwiteite en items op die program sluit in: Boeresport (aangebied deur Herman Hardick en Beatix Erasmus, beter bekend as Ben en Jackie van Villa Rosa), skyfskiet, kettieskiet, 'n optrede deur ’n perdekommando, Boere-orkes, gaskunstenaars, volkspele deur die Randfontein-laer en nog vele meer. Tradisionele stalletjies en produkte sal ook beskikbaar wees.

Die AP Kerk Krugersdorp hou ook spesiaal daardie dag hul basaar by die Paardekraalmonument en hulle sal sorg vir heerlike verversings- en ander snuistery-stalletjies.

Die Verkenners, Bravoland en Die Brandwag kamp daardie naweek op die terrein en persone wat belangstel om ook daar te kamp is welkom om die kampkommandant vir die naweek, mnr. Sid Mann, te kontak by 083 227 3260. Persone wat belangstel om stalletjies te bespreek en/of tradisionele produkte uit te stal, kan ook vir mnr. Mann kontak.

Volkskultuurdag-program:


Saterdag 31 Mei 2008

08:30 Opening: Ds. Johan Greyling

09:00 Vlaghysing - Perdekommand

09:30 Mnr. Theuns de Wet (AKB) - Wat is kultuur?

10:00 - 13:00 Boeresport

13:00 - 15:30 Musiek deur mnr. Conrad Hanekom

15:30 Veiling

16:00 - 18:00 Volkspele

18:00 Boere-orkes


Vir meer inligting en navrae, kliek hier: Volkskultuurdag


Organiseerders:

Paardekraal-Verkenners, Bravoland, CVO Brandwag en die AKB


Kennisgewing:

.


8 May 2008

DIE ARME BLANKE

LANGENHOVEN se lewenslange subredakteur en administratrise van sy nalatenskap, Sarah Goldblatt, het in haar enigste digbundel, "Liefdes-kransie", uitgegee in 1920, soos volg gedig oor die Afrikaners wat in daardie dae honger gely het onder die juk van die Britse Imperialisme:

DIE ARME BLANKE

Ek is ’n arme blanke,
sieklik en naar en vuil,
stukkend en bijna nakend;
wie sal sij lot met mij ruil?

Weet julle hoedat mij naam is?
Die edelste naam wat jul eer.
Ek is ’n Afrikaner
wat Afrika’s naam verteer.
Ek is ’n arme blanke,
die kind van ’n voorgeslag
van dappere, eerbare helde:
word ek deur julle verag?

Ons is ’n honderdduisend,
almaal so goed soo jij;
waar julle spog oor vooruitgang,
spog maar bij ons verbij.

Oupa het saam met sij maters
besluit om op trek te gaan;
oupa het saam met die ander
bij Bloedrivier pal gestaan.

Droogte en pestilensie,
moordlus van wilde barbaar,
alles was vir mij nasie
geen onowerkomelik gevaar.

Hier bij die bronne van welvaart,
hier is ons siekte ontstaan;
hier bij die nasleep van welvaart
dreig ons om ook te vergaan.

Maar gee tog mij kinders ’n kansie,
gee hul tog nuwe moed;
denk tog, die kinders is almaal
kinders van julle bloed.

Gee tog die kinders ’n kansie,
ek is al afgeleef;
ek bid dat die nag mij wil saamneem,
dis al wat ek wetend na streef.

Ek is ’n arme blanke;
ek bid, en ek smeek, en ek vra:
help tog jul eie famielie,
help óns, Suidafrika.

29 Apr 2008

Bravoland Ondersteunersklub gestig

Bravoland Ondersteunersklub

Die Bravoland Ondersteunersklub is in die lewe geroep om ondersteuning te bied. Die klub is oop vir alle Bravoland-burgers en lidmaatskap is vrywillig.

Daar is baie burgers wat nie aktief betrokke kan wees by al die aktiwiteite en werksaamhede nie, maar wat aangedui het dat hulle ‘n finansiële bydrae wil maak. Die grootste deel van die Ondersteunersklub se fondse gaan vir Volkshulp aangewend word.

Hier volg ‘n kort opsomming van Bravoland se Volkshulp-aksies:
Vanaf die ontstaan van Bravoland was om ons Volk te help een van ons belangrikste doelstellings. Daarom dat ons, met Bravoland skaars ouer as 'n maand, reeds die eerste aksie geloods het. Op 9 Junie 2007 hou ons Operasie Wolmer aangesien hierdie gemeenskap soveel aandag in die nuus ontvang het omdat die stadsraad hulle uit hul huise wou verjaag. Oorspronklik was die plan om hul huise te gaan help opknap, maar aangesien politici van die NSA reeds ingegryp het, het ons die aksie verander in 'n skenking van kos, klere en komberse.

Dit het so spontaan oorgegaan na 'n maandelikse aksie waar ons elke maand 'n ander area se arm Volksgenote probeer help het. Op 14 Julie 2007 het 'n span Bravolanders vertrek na die Vrystaat om vir Tant Corrie en haar mensies te help met voorraad kos in Parys. In Augustus het die finansies egter begin lol en ons het besluit om 'n klein groepie oumensies te trakteer op badprodukte. Weens die tekort aan broodnodige fondse, het ons besluit om die aksies te verminder na elke drie maande. Dus was daar gedurende die orige maande van 2007 hard gewerk om genoeg fondse te bekom om die Kersaksie te Krugersdorp moontlik te maak. Met die aksie gedurende Maart vanjaar op Vanderbijlpark, waar Bravoland onder andere 'n koolstoof geskenk het, het ons weer eens besef dat ons iets dringends sal moet doen om van meer hulp vir ons arm Volksgenote te wees.

Die idee vir die Ondersteunersklub het dus uit ons Volkshulp-aksies ontstaan. Elke lid wat bereid is, dra 'n klein vaste maandelikse bedrag by en dit sal ons dan ook in staat stel om Bravoland se verpligtinge na te kom.

Bravoland se webwerf moet elke maand betaal word en daar is lidmaatskapgelde aan die Afrikanerfront betaalbaar. Ten einde die las ligter te maak, sal van die Ondersteunersklub se fondse aangewend word om die verpligtinge na te kom.

Alle oorblywende fondse gaan vir Volkshulp aangewend word.Die hoofdoel van die Bravoland Ondersteunersklub is dus om ondersteuning te verleen.Hiermee wil ons u vriendelik uitnooi om deel te word van die Bravoland Ondersteunersklub.

Lees die Ondersteunersklub se Grondwet op die volgende skakel, en om aan te sluit kan u net u naam op daardie draad plaas:
Bravoland Ondersteunersklub

25 Apr 2008

Afrikanerfront

Die Afrikanerfront is op 10 November 2007 gestig as 'n oorkoepelende organisasie waarby verskillende Afrikanerorganisasies kan aansluit in 'n poging om samewerking te bewerkstellig. Op 10 November het 19 lidorganisasies by die Afrikanerfront geaffilieer en die Reglement van Orde onderteken.

Die eerste algemene vergadering van die Afrikanerfront ná stigting, het op 19 April 2008 plaasgevind en nog vier organisasies het die Reglement van Orde onderteken.

Die organisasies wat by die Afrikanerfront geaffilieer is, is as volg:

Afrikaner Volkseie Sport
Afrikaner Kultuurbond (AKB)
Aksie Vrouekrag
Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB)
Boerekommandokorps
Bravoland
Bybel en Volk
Genootskap vir Afrikaner Simbole (GAS)
Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA)
Herstigte Nasionale Party (HNP)
Koördinerende Afrikanerraad
Majuba Boerevolktrust
Nasionale Belastingbetalersunie (NBU)
Radio Pretoria
Reddingsdaad- onderwysbond
Stigting vir Nasionale Minderhede
Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis
Tabok
Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA)
Tussentydse Afrikanerraad (TAR)
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Vrye Republikeinse Beweging
Volkseie Museumraad
Vrye Republikeinse Beweging

16 Mar 2008

27 Feb 2008

Majuba 2008

-- Onthou Majuba!! --

-- 27 Februarie 1881 --





6 Feb 2008

Bravoland Spaarklub

Die Republiek van Bravoland is besig met die stigting van die Bravoland Spaarklub, die bestuur is reeds verkies en sien as volg daar uit:

Voorsitter: Jan Beyers
O/voorsitter: Clem de Klerk
Sekretaris: Walter Language
Tesourier: Plaas Botha

Die bestuur van die Bravoland Spaarklub stel tans die Grondwet van die Klub op.

Vir meer inligting, of om in die Bravoland Spaarklub te belê, kan u gerus hierdie draad besoek: Bravoland Spaarklub
.