Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

26 Feb 2009

Onthou Majuba!



Onthou Majuba!!!

27 Februarie 1881

Remember Majuba!!!

20 Feb 2009

'n Nuwe Babel

deur Clem de Klerk

Toe die mense Babel oprig, was die bedoeling om dit hoog genoeg te maak om tot in die Hemel te reik, en die gevolg daarvan was dat die Here hulle gekortwiek het deur verwarring te bring met tale – en die bouery is gestaak omdat die werkers mekaar nie kon verstaan nie.

In Suid-Afrika is daar talle volke saamgevoeg om ’n sogenaamde nuwe reënboognasie te vestig. Die nuwe nasie het, vanweë die regime se beleid, die voertaal veralgemeen met Engels, waarvan die meerderheid mense nie geletterd genoeg is om dit te besig nie. Die gevolg is dat alhoewel Engels nou die “amptelike voertaal” is, dit neerslag vind in verskeie sektore van die bestel – skoolkinders druip weens die feit dat moedertaal nie die onderrig medium is nie, staatsdepartemente is ondoeltreffend, deels weens die taalgebruik en universiteite se resultate verswak jaarliks as gevolg van dieselfde rede.

Terwyl die toring van Suid-Afrika-Babel besig is om totale verwarring te veroorsaak, spring en juig die dwalende massas asof hulle die nuwe Babel voltooi het. Die verwarring in die parlement en ook in die howe het reeds die bespotting van die land geword.

Afrikaans word vermy deur elke volksvreemde, en dikwels, meer dikwels as wat die toringbouers dit wou, word gewone burgers van die nuwe nasie deur hulle eie onkunde in lagwekkende situasies geplaas.

Uiteindelik sal die bouers mekaar verwyt vir wat verkeerd is, trouens, dit gebeur reeds.
Die Cope vs. ANC/SAKP geveg is besig om te groei en daardie twis sal verder uitkring tot ander volke soos wat onlangse opnames reeds bewys het – te veel Kleurlinge gaan nie stem nie, weens ’n wantroue in die Babelbouers. Talle hofsake is gekanselleer weens die taalkwessie – uiteindelik sal die Babelgesindes se ideologie tot hul eie selfvernietiging lei en juis dit kan tot Afrikanervryheid lei.

Taal en kultuur is veel kragtiger as politieke ideologie – die wortels van die Afrikaner is onlosmaaklik en uiteindelik sal daardie wortels die anker wees wat die ganse Afrikanerdom saamvoeg in die takstruktuur van die hele Afrikanerboom.

Dit sal op daardie dag wanneer hierdie dinge waarheid word, nodig wees om as Bravolanders die insig en wysheid te openbaar om al die vertakkinge van die boom te akkommodeer sonder om die wortelstelsel te beseer. Hoe dit werklikheid gaan word, sal die tyd leer. Jy en ek moet nou reeds een vraag beantwoord:

Sal ons liefde vir ons volk sterk genoeg wees om die nuut verkrygde vryheid verantwoordelik te ontvang en te geniet binne die konteks van ons volkskultuur?

As die nuwe Babel tot ’n val kom, moet Afrikanerkultuur sterk genoeg wees om sy vryheid in ontvangs te neem – en diegene wat nie deel is van daardie vryheid nie, sodanig te rig dat hulle geen bedreiging sal wees vir ons volk nie. Die moeisaamheid hiervan kan nie onderskat word nie – daarom moet ons nou reeds ons self posisioneer om met grasie te beweeg na die nuwe vryheid

Verdeeldheid in eie geledere sal moet plek maak vir algehele eendrag.