Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

10 May 2008

Volkskultuurdag - 31 Mei 2008

Volkskultuurdag
31 Mei 2008 - Krugersdorp

Bravoland, in samewerking met die Paardekraal-pos van die Verkennersbeweging, die Afrikaner Kultuurbond (AKB) en die CVO-Skool Brandwag, nooi volksgenote na 'n Volkskultuurdag te Paardekraalmonument op Saterdag 31 Mei 2008. Hierdie beloof om 'n onvergeetlike dag te wees met hope pret vir oud en jonk. Aktiwiteite en items op die program sluit in: Boeresport (aangebied deur Herman Hardick en Beatix Erasmus, beter bekend as Ben en Jackie van Villa Rosa), skyfskiet, kettieskiet, 'n optrede deur ’n perdekommando, Boere-orkes, gaskunstenaars, volkspele deur die Randfontein-laer en nog vele meer. Tradisionele stalletjies en produkte sal ook beskikbaar wees.

Die AP Kerk Krugersdorp hou ook spesiaal daardie dag hul basaar by die Paardekraalmonument en hulle sal sorg vir heerlike verversings- en ander snuistery-stalletjies.

Die Verkenners, Bravoland en Die Brandwag kamp daardie naweek op die terrein en persone wat belangstel om ook daar te kamp is welkom om die kampkommandant vir die naweek, mnr. Sid Mann, te kontak by 083 227 3260. Persone wat belangstel om stalletjies te bespreek en/of tradisionele produkte uit te stal, kan ook vir mnr. Mann kontak.

Volkskultuurdag-program:


Saterdag 31 Mei 2008

08:30 Opening: Ds. Johan Greyling

09:00 Vlaghysing - Perdekommand

09:30 Mnr. Theuns de Wet (AKB) - Wat is kultuur?

10:00 - 13:00 Boeresport

13:00 - 15:30 Musiek deur mnr. Conrad Hanekom

15:30 Veiling

16:00 - 18:00 Volkspele

18:00 Boere-orkes


Vir meer inligting en navrae, kliek hier: Volkskultuurdag


Organiseerders:

Paardekraal-Verkenners, Bravoland, CVO Brandwag en die AKB


Kennisgewing:

.


2 comments:

Verkenner said...

Dit klink lekker!

Bravolander said...

Dit gáán lekker wees, sien jou daar!