Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

15 Sept 2008

Heldedag - 11 Oktober 2008


Heldedag - Paardekraal-Monument - Krugersdorp

Die Paardekraal-pos van die Verkennersbeweging van Suid-Afrika nooi alle Bravolanders, vriende, familie en volksgenote na die Heldedagviering te Paardekraal-Monument op Saterdag 11 Oktober 2008 in Krugersdorp.
Hierdie dag volg op die reuse-sukses van die Volkskultuurdag op 31 Mei, maar hierdie keer gaan die geleentheid nog groter en beter wees!

Die program vir die dag is as volg:

10:00 Opening & verwelkoming
10:15 Vlaghysing
10:25 CVO Brandwag – Die Stem
10:30 Toespraak – mnr. Henk van de Graaf
10:45 Toespraak – mnr. Paul Kruger
11:00 Eclips
12:00 Handhawerjeug
13:00 Volkspele
14:00 Coreen (Bloedriver-lied)
15:00 Penkoppe (Boere-orkes)
16:00 Program sluit

Geen volksfees is volledig sonder dat daar heelwat te ete is nie. Die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstelletjies aanbied.
Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te hê ­– dr. Cas Bakkes (Boskroniek), prof. Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en mnr. Dolf Buitendach (Semantiese bedrog).
Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekampfoto-uitstalling wees, met die komplimente van Kraal-Uitgewers.

No comments: