Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

22 Jan 2008

Bravoland het al verskeie saamtrekke en aksies bygewoon, onder andere:
1. 'n Besoek aan generaal C.R. de Wet se plaas, Cornelia, by Rooipoortdam naby Koppies,
2. die geboorte van Bravo01, die eerste lid van Bravoland se beeskudde,
3. die Bravoland Bivak Braai,
4. Pretoria Bly Pretoria-versetaksie, en
5. die Paardekraal Geloftefees 2007 waar van die klippe van die klipstapel weer onder die Paardekraal-Monument gepak is. In 1880 is hierdie klipstapel deur die Boere in Krugersdorp gepak as belofte aan mekaar dat hulle nie sal ophou veg totdat hulle hul vryheid herwin het nie. In 1901, in opdrag van Lord Roberts, is hierdie klippe in die Vaalrivier onder die treinbrug gegooi. Clive Derby Lewis het met behulp van polisieduikers van die klippe uitgeduik en toestemming aan die Paardekraal Verkenners gegee om dit terug te plaas.




Die video kan ook op YouTube gekyk word by: Ons vir jou Suid-Afrika

1 comment:

Anonymous said...

Ons Vir Jou !
Pragtig Pragtig !