Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

25 Apr 2008

Afrikanerfront

Die Afrikanerfront is op 10 November 2007 gestig as 'n oorkoepelende organisasie waarby verskillende Afrikanerorganisasies kan aansluit in 'n poging om samewerking te bewerkstellig. Op 10 November het 19 lidorganisasies by die Afrikanerfront geaffilieer en die Reglement van Orde onderteken.

Die eerste algemene vergadering van die Afrikanerfront ná stigting, het op 19 April 2008 plaasgevind en nog vier organisasies het die Reglement van Orde onderteken.

Die organisasies wat by die Afrikanerfront geaffilieer is, is as volg:

Afrikaner Volkseie Sport
Afrikaner Kultuurbond (AKB)
Aksie Vrouekrag
Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB)
Boerekommandokorps
Bravoland
Bybel en Volk
Genootskap vir Afrikaner Simbole (GAS)
Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA)
Herstigte Nasionale Party (HNP)
Koördinerende Afrikanerraad
Majuba Boerevolktrust
Nasionale Belastingbetalersunie (NBU)
Radio Pretoria
Reddingsdaad- onderwysbond
Stigting vir Nasionale Minderhede
Studiegroep vir Eietydse Geskiedenis
Tabok
Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika (TLU SA)
Tussentydse Afrikanerraad (TAR)
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
Vrye Republikeinse Beweging
Volkseie Museumraad
Vrye Republikeinse Beweging

No comments: