Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

29 Apr 2008

Bravoland Ondersteunersklub gestig

Bravoland Ondersteunersklub

Die Bravoland Ondersteunersklub is in die lewe geroep om ondersteuning te bied. Die klub is oop vir alle Bravoland-burgers en lidmaatskap is vrywillig.

Daar is baie burgers wat nie aktief betrokke kan wees by al die aktiwiteite en werksaamhede nie, maar wat aangedui het dat hulle ‘n finansiële bydrae wil maak. Die grootste deel van die Ondersteunersklub se fondse gaan vir Volkshulp aangewend word.

Hier volg ‘n kort opsomming van Bravoland se Volkshulp-aksies:
Vanaf die ontstaan van Bravoland was om ons Volk te help een van ons belangrikste doelstellings. Daarom dat ons, met Bravoland skaars ouer as 'n maand, reeds die eerste aksie geloods het. Op 9 Junie 2007 hou ons Operasie Wolmer aangesien hierdie gemeenskap soveel aandag in die nuus ontvang het omdat die stadsraad hulle uit hul huise wou verjaag. Oorspronklik was die plan om hul huise te gaan help opknap, maar aangesien politici van die NSA reeds ingegryp het, het ons die aksie verander in 'n skenking van kos, klere en komberse.

Dit het so spontaan oorgegaan na 'n maandelikse aksie waar ons elke maand 'n ander area se arm Volksgenote probeer help het. Op 14 Julie 2007 het 'n span Bravolanders vertrek na die Vrystaat om vir Tant Corrie en haar mensies te help met voorraad kos in Parys. In Augustus het die finansies egter begin lol en ons het besluit om 'n klein groepie oumensies te trakteer op badprodukte. Weens die tekort aan broodnodige fondse, het ons besluit om die aksies te verminder na elke drie maande. Dus was daar gedurende die orige maande van 2007 hard gewerk om genoeg fondse te bekom om die Kersaksie te Krugersdorp moontlik te maak. Met die aksie gedurende Maart vanjaar op Vanderbijlpark, waar Bravoland onder andere 'n koolstoof geskenk het, het ons weer eens besef dat ons iets dringends sal moet doen om van meer hulp vir ons arm Volksgenote te wees.

Die idee vir die Ondersteunersklub het dus uit ons Volkshulp-aksies ontstaan. Elke lid wat bereid is, dra 'n klein vaste maandelikse bedrag by en dit sal ons dan ook in staat stel om Bravoland se verpligtinge na te kom.

Bravoland se webwerf moet elke maand betaal word en daar is lidmaatskapgelde aan die Afrikanerfront betaalbaar. Ten einde die las ligter te maak, sal van die Ondersteunersklub se fondse aangewend word om die verpligtinge na te kom.

Alle oorblywende fondse gaan vir Volkshulp aangewend word.Die hoofdoel van die Bravoland Ondersteunersklub is dus om ondersteuning te verleen.Hiermee wil ons u vriendelik uitnooi om deel te word van die Bravoland Ondersteunersklub.

Lees die Ondersteunersklub se Grondwet op die volgende skakel, en om aan te sluit kan u net u naam op daardie draad plaas:
Bravoland Ondersteunersklub

1 comment:

Verkenner said...

Dit is wonderlik! Hoe word mens lid??