Die Republiek van Bravoland se e-koerant

Besoek ons by www.bravoland.co.za, hierdie is nie die amptelike webwerf van die Republiek van Bravoland nie.

29 Sept 2009

Paul Krugerfees 10 Oktober 2009


Arena-program: Paul Krugerfees 10 Oktober 2009 te Paardekraal-Monument
10:00 - 10:30 Vlagoptog
10:30 - 10:45 Vlagvoorstelling
10:45 - 11:00 Vlaghysing
11:00 – 11:15 Opening – Ds. Johan
11:15 - 11:30 Spreker – Ben Geldenhuys
11:30 - 12:30 Volkspele
12:30 - 13:30 Pouse
13:30 - 14:30 Penkoppe – Junior Boereorkes
14:30 - 15:30 Fourie Broers - Boereorkes - Tradisioneel
15:30 - 16:30 Hekkie de la Guerre
16:30 – 16:45 Bedankings, Vlagstryking, Afsluiting
17:00 – laat Bring en braai
Groot skerm rugby – Transvaal vs. W.P.

Deurlopend:
Stalletjies
Skyfskiet
Boeresport
Perdekarritte

24 Sept 2009

Erfenisdag of braaidag?

Vandag, 24 September, is deur die nuwe regering geproklameer tot nasionale braaidag. Is dit nie maar nog 'n aanslag op die Afrikaner se ryk erfenis nie?

Die volksvreemdes het nie so 'n ryk erfenis soos die blanke in Suid-Afrika nie, want niks wat hulle vir hulself opgeëis het, is deur hulle gebou nie.

Dus het hulle Erfenisdag afgewater tot braaidag, wat hulle goed weet die Afrikaner eerder sal doen as om sy erfenis te besoek. Want die meeste liberale Afrikaners dink mos rugby, brandewyn en braaivleis is kultuur.

Kom burgers, laai jou kinders en jou vriende in 'n kar en besoek die naaste monument, slagveld of aandenking van wat ons voorvaders vir ons agtergelaat het voordat jy daardie vleisie op die kole gooi.

Is dit werklik te veel gevra?

30 Jun 2009

Aksie-Volksoorlewing

Prof Andrè Duvenhage, bekende politieke ontleder en navorsingsdirekteur volhoubare sosiale ontwikkeling aan die Noordwes Universiteit kom spreek 'n belangegroep toe op 3 Julie 2009 in die skoolsaal van Dankbaar CVO Skool.

Die tema vir die aand is:

DIE POST-VERKIESINGSOMGEWING OPPAD NA 2014: STRATEGIESE EN SCENARIOGERIGTE PERSPEKTIEWE

Indien u die geleentheid wil bywoon, gaan bespreek asseblief u sitplek aanlyn deur hier te kliek.
http://www.volksoorlewing.co.za/?page_id=198

Besoek webblad by http://www.volksoorlewing.co.za/

.

23 Apr 2009

GAAN REGISTREER EN STEM

Clem de Klerk

Vir baie volksgenote is dit ’n onnodigheid om as kieser te registreer met die doel om te gaan stem tydens die verkiesing. Daar is ook ’n ander deel Afrikaners wat wil gaan stem tydens die komende Algemene Verkiesing in die hoop dat dit ’n verskil sal maak aan die uitsiglose toekoms wat soos ’n donker onweerswolk op die horison lê en wag.

Waaroor daar egter eendragtigheid heers onder volksgenote, is om te registreer en te gaan stem wanneer die groot dag aanbreek en die stembus genader sal word onder die toesig van die Volksraad Verkiesing Kommissie, reeds beter bekend as die VVK.

Ter wille van ons mense word hiermee enkele belangrike aspekte uitgelig met die doel om volksgenote in te lig oor verskillende aspekte rondom die VVK. Miskien is dit goed om heel voor te begin. Die inisieerder van hierdie belangrike projek, mnr. Paul Kruger, het ’n diepgaande studie gemaak van die volkerereg en die Internasionale regulasies en bepalings wat juis handel oor vryheid, die reg daarop, die bepalings en riglyne wat gevolg moet word voordat so ’n saak op Internasionale vlak beoordeel kan word.

Hierna het hy besef dat die eerste en belangrikste aspek juis is om ons volk te registreer as kiesers om uiteindelik ’n liggaam te vestig wat uit die volk vir die volk ontstaan en beheer word. Om dit te doen, moet wettige, en internasionaal aanvaarde aantal prosedures gevolg word om geloofwaardigheid en aanvaarding te verseker. Dit verklaar waarskynlik waarom die proses van registrasie nie so vinnig geskied as wat menige entoesiastiese volksgenote dit sou wou sien gebeur nie.

In die komende maande gaan ’n uitgebreide veldtog van stapel gestuur word met die verwagting om registrasie beamptes in elke dorp of stad aan te wys. Selfs die aanstel van sulke beamptes is ’n moeisame taak, want die land is groot en wyd, die arbeiders min en die oes is groot. Die geweldige groot uitgawes wat gepaard gaan met die registreer van kiesers en die aanstelling van registrasie beamptes, stem tot ernstige kommer.

Stel u voor – u skakel die naaste registrasie beampte met die versoek dat u geregistreer wil word. Die beampte moet met die brandstofprys soos dit tans is, die tog aandurf, in sy vrye tyd, met sy eie voertuig en brandstof, en dit om u en u gade te registreer. Hy is nog besig met jou registrasie dan skakel iemand anders met dieselfde versoek, sowat 20 km. verder, en voor hy daar is, skakel die volgende persoon….. en op die ou end het die beampte 20 mense geregistreer teen ’n brandstof rekening van R300-00. Môre herhaal die proses homself. Hoe lank kan hierdie persoon volhou om die kosbare werk te doen?

Die voorafgaande is ’n voorbeeld van hoe moeisaam die proses is. Daardie proses kan redelik bespoedig word as u en ek, ons wat trotse Bravolanders is, ’n geringe maandelikse bydrae tot die uitgawes van VVK wil maak. Dit eindig nie daarmee nie. Ons kan ook help deur ander volksgenote te motiveer om ’n finansiële bydrae te maak. Meer nog, ons kan vra om op te tree as registrasie beamptes. Ons kan selfs aanbied om op te tree as ’n inligtings beampte wat navrae in verband met die VVK. kan hanteer. Deur dit te doen, maak u die werklas van die VVK soveel minder.

Bravolanders is mense wat nie terugstaan vir nuwe uitdagings nie – hierdie uitdaging is ook nie te groot om met sukses deur te voer nie, en daarom het ons ’n plig en verantwoordelikheid teenoor ons volk wat smag na die vryheid in ons eie land, waar volksvreemdes nie is nie, en waar die toekoms soos die môrester se glans op ons wag. Kom ons registreer as kiesers, of as registrasie beamptes.

5 Mar 2009

Bravoland hou volksraadverkiesing

Die bestaande Volksraad van die Republiek van Bravoland het besluit dat dit weer tyd is vir Bravoland se jaarlikse Volksraadverkiesing.

Hiermee doen ons 'n beroep op al ons Burgers om nominasies te gee vir wie hulle voel hulle moet verteenwoordig op die Volksraad.

Nominasies sluit oor 30 dae.

Om Bravolanders te nomineer, besoek gerus http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4662.0.

Baie dankie.

26 Feb 2009

Onthou Majuba!



Onthou Majuba!!!

27 Februarie 1881

Remember Majuba!!!

20 Feb 2009

'n Nuwe Babel

deur Clem de Klerk

Toe die mense Babel oprig, was die bedoeling om dit hoog genoeg te maak om tot in die Hemel te reik, en die gevolg daarvan was dat die Here hulle gekortwiek het deur verwarring te bring met tale – en die bouery is gestaak omdat die werkers mekaar nie kon verstaan nie.

In Suid-Afrika is daar talle volke saamgevoeg om ’n sogenaamde nuwe reënboognasie te vestig. Die nuwe nasie het, vanweë die regime se beleid, die voertaal veralgemeen met Engels, waarvan die meerderheid mense nie geletterd genoeg is om dit te besig nie. Die gevolg is dat alhoewel Engels nou die “amptelike voertaal” is, dit neerslag vind in verskeie sektore van die bestel – skoolkinders druip weens die feit dat moedertaal nie die onderrig medium is nie, staatsdepartemente is ondoeltreffend, deels weens die taalgebruik en universiteite se resultate verswak jaarliks as gevolg van dieselfde rede.

Terwyl die toring van Suid-Afrika-Babel besig is om totale verwarring te veroorsaak, spring en juig die dwalende massas asof hulle die nuwe Babel voltooi het. Die verwarring in die parlement en ook in die howe het reeds die bespotting van die land geword.

Afrikaans word vermy deur elke volksvreemde, en dikwels, meer dikwels as wat die toringbouers dit wou, word gewone burgers van die nuwe nasie deur hulle eie onkunde in lagwekkende situasies geplaas.

Uiteindelik sal die bouers mekaar verwyt vir wat verkeerd is, trouens, dit gebeur reeds.
Die Cope vs. ANC/SAKP geveg is besig om te groei en daardie twis sal verder uitkring tot ander volke soos wat onlangse opnames reeds bewys het – te veel Kleurlinge gaan nie stem nie, weens ’n wantroue in die Babelbouers. Talle hofsake is gekanselleer weens die taalkwessie – uiteindelik sal die Babelgesindes se ideologie tot hul eie selfvernietiging lei en juis dit kan tot Afrikanervryheid lei.

Taal en kultuur is veel kragtiger as politieke ideologie – die wortels van die Afrikaner is onlosmaaklik en uiteindelik sal daardie wortels die anker wees wat die ganse Afrikanerdom saamvoeg in die takstruktuur van die hele Afrikanerboom.

Dit sal op daardie dag wanneer hierdie dinge waarheid word, nodig wees om as Bravolanders die insig en wysheid te openbaar om al die vertakkinge van die boom te akkommodeer sonder om die wortelstelsel te beseer. Hoe dit werklikheid gaan word, sal die tyd leer. Jy en ek moet nou reeds een vraag beantwoord:

Sal ons liefde vir ons volk sterk genoeg wees om die nuut verkrygde vryheid verantwoordelik te ontvang en te geniet binne die konteks van ons volkskultuur?

As die nuwe Babel tot ’n val kom, moet Afrikanerkultuur sterk genoeg wees om sy vryheid in ontvangs te neem – en diegene wat nie deel is van daardie vryheid nie, sodanig te rig dat hulle geen bedreiging sal wees vir ons volk nie. Die moeisaamheid hiervan kan nie onderskat word nie – daarom moet ons nou reeds ons self posisioneer om met grasie te beweeg na die nuwe vryheid

Verdeeldheid in eie geledere sal moet plek maak vir algehele eendrag.